Moordbeskuldigde se familie bied hulp aan met ondersoek.

Zane Kilian se familie wil help met Charl Kinnear-moordondersoek.

KAAPSTAD - Die familie van die man wat in verband met die moord op die top speurder Charl Kinnear in hegtenis geneem is, wil met die ondersoek na dié opspraakwekkende misdaad help.

Zane Kilian se suster, Marika van der Linde, sê hulle is bereid om hulle eie hulpbronne in te span, net soos wat hulle gedoen het toe hulle ma drie jaar gelede vermoor is.

Kilian word daarvan beskuldig dat hy Kinnear se selfoon vir maande lank nagespeur het - ook op die dag waarop Kinnear voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet is.

Maar die identiteit van die skieter en die baasbrein agter die moord is nog nie bekend nie.

Source
eNuus

Paid Content