Moordsyfers hoër jaar op jaar

Die Minister van Polisie het die kwartaallikse misdaadstatistieke in Pretoria bekend gemaak.

PRETORIA - Moord het met 8,4% toegeneem in die laaste kwartaal van die 2020/2021 finansiële jaar, in vergelyking met dieselfde tydperk die vorige jaar.

Dit het wel afgeneem vergeleke met verlede kwartaal.

Die polisie het Vrydag sy kwartaallikse misdaadstatistieke bekend gemaak.

Die SAPD sê kontakmisdade het gedaal, maar sy statistieke wys huisrooftogte, sakerooftogte, kapings en moord het almal toegeneem.

Seksuele oortredings het in die tydperk met 3,9% afgeneem.

Source
eNuus

Paid Content