Moordverdagtes het boer en sy vrou ure lank gemartel

Die drie verdagtes word aangekla van moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede vir die aanval op die plaas Kapteinsdrift in Mei 2019. 

BONNIEVALE, WES-KAAP - Die verhoor van drie mans wat van die moord op 'n Wes-Kaapse boer aangekla word, is na die Hooggeregshof verskuif.

Wynand "Tool" Wessels is in 2019 op 'n plaas by Bonnievale vermoor, en sy vrou is wreed aangerand.

Drie verdagtes wat ná die aanval na Lesotho gevlug het, is nou aan Suid-Afrika uitgelewer.

Nog 'n verdagte is kort na die aanval aangekeer.

Source
eNuus

Paid Content