Motorbedryf kry groot hupstoot

'n Groot belegging in die motorbedryf kan vir duisende mense werk gee.

PRETORIA - Te midde van slegte nuus die afgelope tyd oor die ekonomie en werkloosheid, is daar nou goeie nuus.

'n Nuwe spesiale ekonomiese sone vir die motorbedryf is Dinsdag in Pretoria geopen.

Werk vir byna 7 000 mense sal na verwagting geskep word in dié vennootskap tussen Ford, die Gautengse regering en die departement van Handel en Nywerheid.

Source
eNuus