MTI staan likwidasie teen

Mirror Trading International se enigste direkteur, Johan Steynberg, word reeds sedert Desember vermis.

KAAPSTAD - Die beweerde piramideskema, Mirror Trading International, het besluit om 'n aansoek vir sy likwidasie in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen te staan.

Die hof het die maatskappy in Desember verlede jaar onder voorlopige likwidasie geplaas.

Dit nadat duisende beleggers besef het dat hulle niks uit hul kripto-geldeenheidrekeninge kon onttrek nie.

Die gedragsowerheid vir die finansiële sektor het in Januarie sy ondersoek na die skema voltooi.

Source
eNuus

Paid Content