'n Toekoms vir jongmense in die landboubedryf

1 Augustus 2019 - Jongmense, wat 'n loopbaan in boerdery nastreef, kan met behulp van 'n nuwe vennootskap hulle kennis en vaardighede gratis verbeter.

KROONSTAD - 'n Vennootskap tussen Sernick en die Future Farmers-program is in Kroonstad in die Vrystaat bekend-gestel.

Die program bemagtig opkomende boere met kennis vir 'n toekoms in die landboubedryf.

Meer as 600 opkomende boere word tans deur Sernick bygestaan om hulle as kommersiële boere te vestig.

Nou gaan jong, voornemende boere in die Vrystaat ook dié geleentheid kry.

Een van Future Farmers se doelwitte is om Suid-Afrika se hoë werkloosheidsyfer onder jongmense af te bring.

Source
Nuusdag