N| uu-fakkeldraer: “My hart is groot vir die taal”

Ouma Geelmeid se grootste wens is dat dié taal, net soos ander amptelike tale in Suid-Afrika, sal floreer.

UPINGTON. Katrina Esau wil sien dat mense meer moeite doen om die N| uu-taal te beskerm, en ook te leer praat.

Ouma Geelmeid, soos Esau liefdevol bekend staan, sê alle tale in die land kry nie gelyke behandeling nie en daarom loop N| uu die gevaar om uit te sterf.

Sy is een van net vier mense wat dit nog vlot kan praat.

Nuusdag het gaan uitvind hoe sy veg vir die voort-bestaan van haar geliefde taal.

Source
Nuusdag