“Neem ‘n grootouer aan”-veldtog bekend gestel

Die staat van inperking het nie net vir ekonomiese druk onder Suid-Afrikaners gesorg nie, maar ook ‘n enorme sielkundige impak, veral onder bejaarde mense.

PRETORIA - Die Ons Tuis-groep tehuise vir bejaardes het ‘n veldtog van stapel gestuur wat ‘n lid van die publiek die geleentheid gee om met briewe of per telefoon met ‘n bejaarde in een van hulle agt tehuise in aanraking te bly.

Mense kan dan ook geld skenk of ‘n geskenkpakkie vir ‘n bejaarde stuur.

Source
eNuus