"Net één skool vanjaar gebou”

Gauteng se planne om vir leerlinge plek in skole te kry, word skerp gekritiseer.

JOHANNESBURG - Onderwyskenners sê die Gautengse Onderwysdepartement pas tans krisisbestuur toe om duisende leerlinge geplaas te kry.

Die departement het gister gesê meer as 12 duisend leerlinge moet nog voor 30 November plek in skole kry.

Van die planne om leerlinge te akkommodeer, sluit in mobiele klaskamers en die bekendstelling van Afrikaans en Engels as onderrigtale in townshipskole.

Maar kenners meen dié korttermynoplossings kan nuwe probleme skep.

Source
eNuus