NG Kerk-predikante mag nou selfdegeslagpaartjies trou

Ná 'n jarelange debat is die bevestiging van gay huwelike nou in die NG Kerk toelaatbaar.

KAAPSTAD - Predikante van die NG Kerk mag nou aansoek doen om selfdegeslagpaartjies in die huwelik te bevestig.

Dit is die volgende stap in 'n jarelange stryd vir die erkenning van gay verhoudings in dié kerk.

Die NG Kerk se Algemene Sinode het in 2015 besluit dat selfdegeslagverhoudings erken word, gay paartjies mag trou en gay predikante aangestel mag word.

Die sinode het egter 'n jaar later dié besluit omgekeer en die saak het in die hof beland.

Nadat die Hooggeregshof in die klaers se guns beslis het, het die kerk weer in Oktober verlede jaar selfdegeslagverbintenisse erken.

Die sinode het ook gay lidmate om verskoning gevra vir die pyn wat die debat veroorsaak het.

Source
eNuus