NG Kerk-taakspan gaan diskriminasie takel

Terwyl die NG Kerk sake uitspook oor selfdegeslagverhoudings, gaan hy ook geslagsgelykheid in sy geledere ondersoek.

BENONI - Die NG Kerk het ‘n groot tree gegee na geslagsgelykheid, maar daar lê nog ‘n lang pad voor.

Só sê die eerste vroulike assessor van die Algemene Sinode.

Dominee Nioma Venter is Maandag op die 17de vergadering van die Algemene Sinode verkies.

Kort daarna is ‘n taakspan aangekondig wat vroueverteenwoordiging, diskriminasie en seksuele teistering in die kerk gaan bekyk.

Source
eNuus