"Nie dieselfde as griep”

'n Suid-Afrikaner wat in Italië woon, waarsku haar mede-Suid-Afrikaners om nie COVID-19 te onderskat nie.

LENO - Italië is die episentrum van die corona-virus in Europa.

Die siekte is reeds by 35 700 mense in dié land gediagnoseer en 2 978 sterftes is aangemeld.

Elize Steyn is 'n Suid-Afrikaner wat in die noorde van Italië woon, waar die meeste gevalle voorkom.

Sy het Donderdag met eNuus gepraat oor die omstandighede in dié land.

Source
eNuus