NMB-droogte: Boorgate bring verligting

Gift of the Givers sê hulle het verskeie oproepe van inwoners in die Nelson Mandelabaai-metro ontvang wat hulle gevra het om te help.

GQEBERHA, OOS-KAAP - Die humanitêre organisasie Gift of the Givers en die maatskappy Sunfoil werk saam om die waterkrisis in die Nelson Mandelabaai-metro te help verlig.

Hulle het begin om die eerste boorgat by 'n laerskool in die noordelike gebiede van Gqeberha te sink.

Die gemeenskap sê dié ingryping kom net op die regte tyd.

Source
eNuus

Paid Content