Nog navorsing oor ‘Lang Covid’

Die Lang Covid-kliniek in Kaapstad word net op Vrydae bedryf en het al meer as 200 pasiënte gehelp. 

KAAPSTAD - Pasiënte met sogenaamde Lang Covid is ses keer meer geneig om 'n hartaanval of beroerte te kry in die ses maande nadat hulle uit hospitale ontslaan is, as ander mense wat die virus opgedoen het.

Al hoe meer navorsing word nou gedoen oor dié verskynsel, ook op tuisbodem, by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.

Mediese spesialiste het sowat 'n jaar gelede die enigste amptelike Lang Covid kliniek in die land by dié hospitaal gestig.

Source
eNuus

Paid Content