Nog net vier mense kan N/uu-taal praat

In 'n poging om te keer dat die taal saam met haar uitsterf, wil Ouma Katrina Esau 'n opname laat maak sodat ander haar taal kan leer.

JOHANNESBURG - Moenie jou moedertaal weggooi nie.

Dit is die pleidooi van ouma Katrina Esau wat veg om haar byna uitgestorwe moedertaal, N/uu, te red.

Esau was vandag 'n spreker by die konferensie oor inheemse tale.

Die Verenigde Nasies het 2019 tot die Internasionale Jaar van Inheemse Tale verklaar.

Source
eNuus