Noord-Kaap as toeristebestemming verken

Buiten sy blommeprag bied Suid-Afrika se grootste provinsie ook verskeie ander trekpleisters vir besoekers.

NAMAKWALAND – Dit was Sondag Internasionale Toerismedag.

Die Noord-Kaapse regering werk hard om die toerismebedryf in dié provinsie weer op sy voete te kry.

Amptenare fokus veral daarop om besoekers na klein dorpies te lok.

Die toerismebedryf in die Noord-Kaap het ’n verlies van minstens R50-miljoen gely tydens die inperking.

eNuus-verslaggewer Monique Mortlock en kamerapersoon Balungile Dlamini het verlede week die provinsie besoek.

Source
eNuus