N!uu-taal se voortbestaan in gedrang

‘n Laaste poging aangewend om een van die oudste tale in Suider-Afrika behoue te laat bly.

UPINGTON - Een van die laaste N!uu-sprekers werp alles in die stryd om seker te maak die taal sterf nie uit nie.

Katrina Esau, wat in Upington in die Noord-Kaap woon, leer al vir meer as ’n dekade lank vir kinders om die N!uu-taal te praat.

En sy is vasberade om daarmee voort te gaan ten spyte van verskeie terugslae by haar skool.

Source
eNuus