Nuwe ambulanse vir Tshwane-metro

Tshwane-nooddienste sê hulle stryd teen Covid-19 in die hoofstad sal vergemaklik word met die nuwe voertuie.

PRETORIA - Die Tshwane-metro se nooddienste het Woensdag vyf nuwe voertuie gekry wat volgens amptenare gaan help om munisipale dienste in die hoofstad te verbeter.

Die metroraad besit twee van die voertuie en huur die ander drie teen 'n koste van bykans R38-miljoen.

Die voertuie sluit ambulanse in wat in die stryd teen Covid-19 gebruik gaan word.

Source
eNuus

Paid Content