Nuwe boek bevraagteken interpretasie van SA geskiedenis

Jan van Riebeeck se dagboek is een van die bronne wat Patric Tariq Mellet geraadpleeg het tydens die skryf van sy boek.

KAAPSTAD - 'n Nuwe boek wat die interpretasie van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in skole se leerplan bevraagteken, verkoop soos soetkoek.

In sy boek "The lie of 1652" bespreek die historikus Patric Tariq Mellet die leuens wat lank as die waarheid oor die land se ontstaansgeskiedenis voorgehou is.

Mellet hoop dat dit sal bydra tot die bewaring van Suid-Afrika se erfenis en landsburgers sal verenig.

Source
eNuus