Olimpiese Spele wink vir matrikulant

PRETORIA - ‘n Matrikulant van die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria het sy visier op vanjaar se Olimpiese spele in Tokio.

Die 18-jarige Henré Louw wil teen April kwalifiseer vir die 10 km-oopwaterswem.

Dié matriekseun van Affies het vanjaar die derde plek behaal by die wêreld se grootste oopwaterswem-byeenkoms, die Midmarmyl.
 

‘n Matrikulant van Affies het die Olimpiese Spele in sy visier