Omstredenheid oor ontplooiing van soldate

Die weermag het sy besluit verdedig om Wes-Kaapse soldate in Limpopo te ontplooi ná minstens 40 van hulle Covid-19 opgedoen het.

PRETORIA - Die ontplooiing van 'n Wes-Kaapse weermagbataljon na Limpopo is in omstredenheid gehul.

Volgens die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag het sowat 40 lede van die bataljon positief getoets vir Covid-19 nadat hulle in Limpopo aangekom het.

'n Ingeligte bron het egter aan eNuus gesê daar is moontlik tot soveel soos 70 Covid-19-gevalle in die bataljon.

Die persoon beweer ook dat sommige soldate steeds gereeld die basis by Lephalale verlaat, al is hulle veronderstel om in isolasie te wees.

Source
eNuus