"Onbeskryflike gevoel”

eNuus het gepraat met die kaptein en afrigter van die Suid-Afrikaanse sewesvrouespan wat pas die Ope Binnenshuise Netbalwêreldbeker gewen het.

CENTURION - Kort ná die Protea-netbalspan se vierde plek in die Wêreldbeker, het nóg ‘n Suid-Afrikaanse netbalspan die land trots gemaak.

Die sewesvrouespan het die Ope Binnenshuise Netbalwêreldbeker die naweek gewen.

Net die vier topspanne ter wêreld neem deel aan dié toernooi, wat elke drie jaar plaasvind.

Vanjaar was Suid-Afrika die gasheer vir Nieu-Seeland, Australië en Engeland in die Paarl in die Wes-Kaap.

 

Source
eNuus