Indien die nuwe wysigingswetsontwerp goedgekeur word, sal provinsiale onderwyshoofde die finale besluit oor ’n skool se se taal- en toelatingsbeleid kan neem.
MIDRAND, GAUTENG - Onderwysorganisasies sê ’n beplande wysigingswetsontwerp op basiese onderwys is ’n skending van Afrikaanssprekendes se grondwetlike regte.
Die sogenaamde Bela-wetgewing brei die onderwysdepartement se mag aansienlik uit, veral wat openbare skole se taal- en toelatingsbeleid betref.
Afrikaanse skole se selfstandigheid was ’n groot gesprekspunt tydens die Solidariteit Skole-ondersteuningsentrum se nasionale kongres.
Source
eNuus