Onmin en ongelukkigheid in Plettenbergbaai

Die N2 na Plettenbergbaai was onlangs ’n week lank versper weens betogings oor die Qolweni-behuisingsprojek.

PLETTENBERGBAAI, WES-KAAP - Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het beveel dat die Bitou-munisipaliteit, wat in Plettenbergbaai gesetel is, dringend ’n nuwe burgemeester moet verkies.

Die munisipaliteit is al vier maande lank in ’n politieke krisis gedompel nadat raadslede ’n mosie van wantroue in die vorige burgemeester aanvaar het.

Dit terwyl inwoners van die Qolweni-township woedend is oor die vertraging van ’n behuisingsprojek.

Die belastingsbetalersvereniging wil terselfdertyd weet wat gedoen gaan word oor die bevindings van ’n forensiese ondersoek na beweerde korrupsie in die munisipaliteit.

Source
eNuus

Paid Content