“Ons begrawe in 6 maande soveel as hele 2020”

Sonja Smith sê sy is nou 23 jaar in die begrafnisbedryf en het nog nooit iets beleef soos hierdie tsoenami waardeur ons tans gaan nie.

CENTURION, GAUTENG - ‘n Gautengse begrafnisondernemer sê sy sukkel om haar werk te doen te midde van die reuse-toename in onlangse Covid-19 sterftes, en haar eie personeel wat nou ook in groot getalle siek word.

Gauteng steier steeds onder die impak van die derde vlaag, met ‘n beraamde 95 000 aktiewe gevalle.

Dié provinsie bly dus die brandpunt, en sowat 8 500 mense word in hospitale behandel, waarvan byna 800 op ventilators is. 

Source
eNuus

Paid Content