"Ons kan nie net op toerisme fokus"

Twee burgemeesters van die Tuinroete verduidelik hoe hulle beplan om hul dorpe se ekonomie weer aan die gang te kry.

TSITSIKAMMA - Die burgemeesters van Knysna en Plettenbergbaai op die Tuinroete sê die Covid-19-pandemie het hulle geleer om nie al hulle eiers in een mandjie te sit nie.

Hulle het besef dat hulle dorpe té afhanklik is van die toerismebedryf vir hul ekonomiese oorlewing.

Daarom oorweeg hulle nou ook ander sakemoontlikhede om die ekonomie daar weer aan die gang te kry.

Source
eNuus