“Ons noem dit 'n silent condition"

Volgens kenners kan die komplikasies van diabetes, soos amputasie en nierversaking, met goeie sorg voorkom word.

14 November is Wêrelddiabetesdag, en die fokus is vanjaar veral op toegang tot gesondheidsorg vir alle diabete.

Volgens die Internasionale Diabetesfederasie leef meer as 500 miljoen mense wêreldwyd met diabetes saam.

Die meeste van hulle woon in lae- en middelinkomste lande.

Die federasie sê byna 'n honderd jaar nadat insulien vir die eerste keer beskikbaar gestel is, het miljoene mense met diabetes steeds nie toegang tot dié hulpmiddel nie.

Diabetes is ook een van die mees algemene onderliggende toestande in pasiënte wat met Covid-19 in hospitale opgeneem word.

Source
eNuus

Paid Content