Onsekerheid oor repatriasies uit China

Duisende Suid-Afrikaners sukkel nog om uit China terug te keer huis toe

KAAPSTAD - Suid-Afrikaners wat in China gestrand is, sê hulle is teleurgesteld met minister Naledi Pandor se verduideliking oor wanneer hulle gerepatrieer sal kan word.

Die minister van Internasionale Betrekkinge het die land via aanlyn platforms toegespreek oor die vordering wat gemaak word met die repatriasie van landsburgers wat weens die Covid-19-pandemie nog nie kon terugkeer huis toe nie.

Pandor sê haar departement se amptenare werk nagte deur om hiermee te help.