Ontevredenheid oor seksuele molesteringsake

Ouers in 'n Wes-Kaapse dorp kla dat die regstelsel hulle en hul kinders in die steek laat.

MOORREESBURG - Ouers van Moorreesburg in die Wes-Kaap kla dat die regstelsel hulle vir 'n lang tyd in die steek gelaat het.

'n Man wat na bewering verskeie kinders van dié dorp seksueel aangerand het, het glo nooit eers in die hof verskyn nie en verskeie ander sake oor die molestering van drie- en vier-jarige kinders het blykbaar nooit die hof gehaal nie.

Maar vandat 'n nuwe staatsaanklaer tydelik daar werk, het drie verskillende sake van kindermolestering in een week op die hofrol verskyn.

Wees gewaarsku dat die inhoud van hierdie berig sommige kykers kan ontstel.

Source
eNuus