"Ontplooi weermag in Westbury"

Die 16-jarige Keanu Williams is in 'n winkel doodgeskiet terwyl hy probeer ontsnap het.

WESTBURY - Inwoners van Westbury in Johannesburg sê hulle vrees vir hul lewens nadat twee tieners Donderdag doodgeskiet is.

Die 15- en 16-jarige seuns is by 'n winkelkompleks vermoor. Nog 'n tiener veg om sy lewe in die hospitaal.

Die motief vir die aanval is nog onbekend, maar die gemeenskap glo dit is bendeverwant.

Source
eNuus

Paid Content