Ontvoerde baba steeds soek

'n Gebroke ma van Kaapstad stort haar hart uit oor die dag toe haar baba glo in 'n winkelsentrum ontvoer is.

KAAPSTAD - Die gemeenskap van Bishop Lavis in Kaapstad soek saam met 'n desperate ma na haar baba.

Die twee maande oue Kai-isha Meniers is na bewering verlede naweek deur 'n onbekende vrou ontvoer.

Die polisie het foto's van die verdagte en die baba, wat geneem is uit kringtelevisiebeeldmateriaal, met die publiek gedeel.

eNuus se Monique Mortlock het met die ma gepraat.

Source
eNuus

Paid Content