Opod ondersoek dwaalkoeël-skietery

'n Negejarige seun van die Kaapse weskus is steeds in 'n koma byna twee weke na hy glo deur die polisie raakgeskiet is.

ST HELENABAAI - Die pleegma van die seun wat na bewering deur die polisie in Sint Helenabaai aan die Kaapse weskus raakgeskiet is, berei haar voor op die ergste.

Dokters het Cathy Thomas Woensdagmiddag na die Rooi Kruis-kinderhospitaal in Kaapstad ontbied, waar Leo Williams behandel word, maar sy sê sal eers Donderdag saam met 'n maatskaplike werker soontoe kan gaan.

Die polisie het aanvanklik gesê dat die seun 11 jaar oud is, maar dit het later aan die lig gekom hy is eintlik nege.

Leo is al vir amper twee weke lank in 'n koma en die dwaalkoeël wat hom getref het, is steeds in sy skedel.

Source
eNuus