Organisasie bring weerlose diere en kinders bymekaar

Baie van die honde wat hier beland, is slagoffers van hondegevegte en moet van vooraf leer om mense te vertrou voordat hulle aangeneem kan word.

HOUTBAAI - Die Dierebeskermingsvereniging sê hondegevegte neem toe in bendegeteisterde gebiede en informele nedersettings in Kaapstad.

Volgens inwoners van Ocean View is dit meestal kinders wat uit die skool bly om hieraan deel te neem.

Kenners sê dit het 'n kommerwekkende impak op hulle sielkundige ontwikkeling.

Maar ’n organisasie in Houtbaai verander die verhouding tussen honde en weerlose kinders om geweld teenoor mens én dier hok te slaan.

Source
eNuus