Os praat rugby met Nuusdag

Os Du Randt praat oor die herinneringe van sy roemryke loopbaan op die rugbyveld en die Springbokke se kanse by die wêreldbeker.

BLOEMFONTEIN. Die legendariese Springbokstut, Os du Randt, sê hy bly nederig nadat Wêreldrugby verlede week aangekondig het dat hy in die sport se heldesaal ingehuldig sal word.

Die Bloemfonteiner is een van ses voormalige spelers wat op 3 November, na die wêreldbeker, vereer sal word.

Die ander is die Nieu-Seelanders Richie McCaw en Graham Henry, die Japanner, Shiggy Konno, Diego Ormaechea van Uruguay en die Samoaan, Peter Fataialofo, wat postuum vereer word.

Source
Nuusdag