Oud-rugbyspeler in hof vir moord

'n Oud-rugbyspeler verskyn in ‘n Kaapse hof vir die moord op Kaapse topspeurder, lt.kol. Charl Kinnear.

BISHOP LAVIS - ‘n Oud-rugbyspeler het Vrydag in die hof verskyn in verband met die moord op 'n senior lid van die Wes-Kaapse teenbende-eenheid, luitenant-kolonel Charl Kinnear.

Die 39-jarige Zane Kilian, wie se pa 'n polisiekolonel was, is vroeër die week in Gauteng in hegtenis geneem. 

Kilian het na bewering Kinnear se selfoonsein maande lank onderskep.

Kinnear is verlede Vrydag voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet. 

Hy was ten tye van sy dood besig met 'n ondersoek na wapensmokkelary.
 

Source
eNuus