Oudpresident F.W. de Klerk oorlede

Laaste boodskap: “Ek verdedig nie apartheid nie, en is jammer oor die pyn wat dit vir my landgenote veroorsaak het.”

Oudpresident F.W. de Klerk het in 'n laaste videoboodskap wat hy kort voor sy dood opgeneem het, om verskoning gevra vir die pyn wat apartheid vir miljoene Suid-Afrikaners veroorsaak het.

De Klerk is by sy huis in Fresnaye in Kaapstad oorlede.

Hy het kanker gehad en was 85 jaar oud.

De Klerk word oorleef deur sy vrou Elita, sy kinders Jan en Susan en verskeie kleinkinders.

Source
eNuus

Paid Content