Ouers bekommerd nadat skoolhoof positief toets

Die onderwysdepartement sê hy is bewus van die situasie by die skool in Delft en sal die perseel besoek.

KAAPSTAD - Sommige ouers en onderwysers by 'n skool in Kaapstad dring daarop aan dat die perseel ontsmet word nadat die skoolhoof positief getoets het vir Covid-19.

Hulle sê hy was by die skool terwyl hy geweet het hy was in aanraking met iemand wat positief getoets het.

Hy is sedertdien in selfisolasie.

Source
eNuus