Ouers kan nou fetusse wat voor 26 weke oorlede is, ter ruste lê

Die hoogste hof het bevind dat fetusse wat voor 26 weke sterf nie meer by verstek as mediese afval hanteer moet word nie.

Die konstitusionele hof het onlangs bevind 'n fetus wat voor 26 weke in die baarmoeder gesterf het, se oorskot kan nie by verstek beskou word as mediese afval nie.

In die verlede was dit wel outomaties die geval, en die oorskot is dan verbrand.

eNuus het vroeër berig oor die hofstryd van die nie-regeringsorganisasie, Voice of the Unborn Baby, om aan ouers die reg te gee om dié fetusse te laat begrawe of veras.

Source
eNuus

Paid Content