Ouers paniekbevange oor leerlinge terugkeer

Die minister van basiese onderwys het erken dat die 2020-skooljaar waarskynlik gaan oorspoel na volgende jaar.

KAAPSTAD - Nie alle provinsies het Maandag Graad R-, 6- en 11-leerlinge terugverwelkom nie.

In die Oos-Kaap is die terugkeer van dié leerlinge met twee weke uitgestel weens 'n toename in Covid-19-gevalle.

Die minister van basiese onderwys sê die Noord-Kaap en Noordwes het ook versoek dat die infasering van ander grade uitgestel word.

Sowat 10 000 onderwysers in die land gaan vanaf die huis werk omdat hulle bestaande siektetoestande het.

Source
eNuus