Ouers se lyke gevind

Die lyke van 'n egpaar wat saam met hul dogter op hul plaas in die Noord-Kaap aangeval is, is gevind.

CENTURION  Die lyke van 'n egpaar wat op hulle plaas naby Hartswater in die Noord-Kaap aangeval is, is laat Dinsdagmiddag gevind.

Die polisie het 'n sesde verdagte aangekeer vir die aanval op Dan en Breggie Brand en hul dogter Elzabie.

Elzabie se lyk is vroeg Dinsdagoggend gevind nadat die verdagtes dit aan die polisie uitgewys het.

Ingeligte bronne het aan eNuus gesê die verdagtes het glo aan die polisie beken dat hulle die misdade gepleeg het.

Source
eNuus