Owerhede slaan toe op “piramideskema”

Beleggers het miljoene rand verbeur wat hulle in 'n vermeende piramideskema belê het en kan moontlik selfs vervolg word.

PRETORIA - Die Nasionale Verbruikerskommissie en die batebeslagleggingseenheid het die bankrekeninge van die finansiële maatskappy Up Money gevries en op van sy bates beslag gelê.

Up Money is na bewering 'n piramideskema, wat ingevolge die Wet op Verbruikersbeskerming onwettig is in Suid-Afrika.

Daar is beslag gelê op meer as R42-miljoen wat deur Suid-Afrikaners in die skema belê is, en die beleggers sal nie hulle geld terugkry nie.

Die skema is veral op sosiale media bedryf en diegene wat dit bemark het, kan ook strafregtelik vervolg word.

Source
eNuus