Perlemoensmokkelaars uiteindelik gevonnis

Die Valke hoop die swaar vonnisse wat in die landdroshof in Khayelitsha opgelê is, sal as 'n waarskuwing vir ander perlemoensmokkelaars dien.

KHAYELITSHA - Elf jaar nadat die Valke op 'n plaas by Riviersonderend in die Wes-Kaap toegeslaan het, is elf mense Vrydag uiteindelik in die landdroshof in Khayelitsha gevonnis vir hulle betrokkenheid by 'n reuseperlemoensmokkelsindikaat.

Die Valke het destyds 'n agent wat onder die dekmantel gewerk het, gebruik om 'n deurbraak te maak.

Die geheime operasie was bekend as Projek Ogies.

Source
eNuus