Petisie oor paroolstelsel in SA

Warren Visser was 22 jaar oud toe hy 18 jaar gelede in die Sizzlers-aanval vermoor is.

KAAPSTAD - Dit was 'n massamoord wat Suid-Afrikaners 18 jaar gelede geskok het.

Tien mans is in 'n masseersalon in Seepunt in Kaapstad aangeval.

Net een van hulle het die gru-aanval oorleef.

Een van die mans wat vir die sogenaamde Sizzlers-moorde verantwoordelik was, kom nou vir parool in aanmerking.

Die suster van een van die slagoffers het gevolglik met 'n aanlyn petisie begin om die land se strafregstelsel te probeer verander.

Wees gewaarsku dat die inhoud van hierdie berig sommige kykers kan ontstel.

Source
eNuus

Paid Content