Jacques Malan van die Ankoletelersvereniging sê hulle is baie tevrede met verkope tydens die naweek se beesveiling op die president se wildplaas.
Die Ankoletelersvereniging van Suid-Afrika het bevestig Saterdag se beesveiling op president Cyril Ramaphosa se Phala Phala-wildplaas het sowat R21-miljoen opgelewer.
Dit is dubbel die bedrag wat verlede jaar op 'n soortgelyke veiling aangeteken is.
Saterdag se veiling was egter veral in die kollig weens die polemiek oor 'n rooftog op dié plaas in Limpopo in 2020.
Jacques Malan, die president van die Ankoletelersvereniging, het Sondagmiddag aan eNuus gesê hulle beskou die veiling as 'n reusesukses.
Source
eNuus