Pienk-wedloop weer terug op Vrouedag

Die wenmedalje in Totalsports se vrouewedloop in Johannesburg word tussen Irvette van Zyl en Glenrose Xaba gedeel.

JOHANNESBURG - Nagenoeg 20 000 vroue het Dinsdag Johannesburg, Kaapstad en Durban se strate pienk geverf vir Totalsports se gewilde vrouewedloop.

Weens die Covid-19-pandemie kon die wedloop die laaste twee jaar nie plaasvind nie.

In die Goudstad was daar groot opwinding by die wegspring en hoogdrama by die wenstreep.

Source
eNuus

Paid Content