Pippie - ‘n dekade later

Pippie se ma, Anice, sê die vars seelug in hul nuwe tuisdorp, Stilbaai, doen haar goed.

'n Dekade gelede het Pippie Kruger en haar gesin se lewens onherroepelik verander.

Pippie, wat toe twee jaar oud, het op Oujaarsaand 2011 erg verbrand toe ‘n bottel vuuraansteekjel tydens ‘n braai op die gesin se plaas in Limpopo ontplof het.

Sy het derdegraadse brandwonde aan 80% van haar lyf opgedoen.

Haar destydse veloorplanting was baanbrekerswerk in plaaslike mediese kringe, toe van haar eie gekloonde vel op haar wonde oorgeplant is.

eNuus se kameras was daar vir dié geskiedkundige operasie, en haar pad na herstel in 2012.

Ons het nou weer met haar ma, Anice, gesels om te hoor hoe dit met hulle gaan, tien jaar na die ongeluk.

Source
eNuus

Paid Content