Plaasvriende laat harte smelt

'n Groepie plaaskinders se skattige geklets in Tswana besorg hulle derduisende aanhangers.

KLERKSDORP - 'n Groep plaaskinders van Klerksdorp in Noordwes se eskapades het sosiale media op horings geneem.

Klein Miné, Pieter en Ilné Ernst en vier kinders van werkers op die plaas, Ntumisang, Teko, Refilwe en Katlego praat vlot Tswana met mekaar.

Miné, Pieter en Ilné se ma, Rika, het 'n paar dae gelede dié kosbare video op Facebook gedeel waar die kinders 'n amateur-kitskosrestaurant se deurrydiens bedryf en besoek.

Haar drie kinders het by hulle huishulpe leer Tswana praat en die plaaswerkerkinders kan op húlle beurt ook vlot Afrikaans praat.

 

Source
eNuus