Polisie glo laks met soektog na meisie en man in Athlone-kanaal

Die Athlone-gemeenskap kritiseer die polisie oor beweerde laksheid met die soektog na ’n vermiste meisie en man

KAAPSTAD - Daar is nog geen teken van die liggame van die agtjarige Abida Paulse en Yusuf Kiroboto wat haar probeer red het nie.

Hulle is Donderdag deur stormwater in die Athlone-kanaal in Kaapstad weggespoel toe swaar reën en wind die Wes-Kaap getref het. 

Intussen het lede van die gemeenskap self na die liggame begin soek.   

Hulle voel die polisie neem die soektog nie ernstig genoeg op nie.

Source
eNuus