Polisie ontwapen weens ammunisietekort

Daar is kommer oor verskeie polisielede landwyd wat hulle dienswapens inhandig, weens beweerde swak bestuur en beheer.

PRETORIA - Verskeie polisielede landwyd moes hulle diensvuurwapens inhandig omdat hulle nie bevoegdheidspermitte by die polisie kon verwerf nie.

Volgens die polisie is dit weens 'n tekort aan ammunisie.

Omdat hulle nie 'n permanente kontrak met 'n verskaffer het nie, koop hulle ammunisie op 'n ad hoc-basis aan.

Die polisie sê hulle prioritiseer polisielede wat operasioneel werk om hulle permitte te behou.

eNuus het egter met van dié lede gepraat en hulle het bevestig dat hulle hulle wapens reeds 'n maand gelede ingehandig het.

Source
eNuus