Polisieduikers se hartseer werk

Polisieduikers wat hulle hande die afgelope feestyd vol gehad het met verdrinkings, vertel hoe dié trauma hulle raak.

PRETORIA - Polisieduikers werk dikwels onder groot emosionele druk, omdat hulle die eerste persone is wat families moet inlig dat hulle geliefdes in verdrinkings dood is.

841 lyke is in die 2018/2019- finansiële jaar deur die polisie opgespoor.

589 persone is gered.

Die polisie kon nog nie die amptelike statistieke vir die jaar bekend maak nie, maar sê in die algemeen het die getal verdrinkings verminder.

Source
eNuus